Local news
Kyk: Suid-Afrika se kampioen help geld vir studente insamel
Die studenteraad (KSR) van die NWU se Potchefstroomkampus het die gebeurtenis gereel om te probeer geld vir behoeftige studente insamel.

Die UFC se middelgewig kampioen, Dricus ‘Stillknocks’ du Plessis, het die afgelope naweek in Potch kom kuier. Hy het met ‘n skare kom gesels en ‘n veiling bygewoon. Die studenteraad (KSR) van die NWU se Potchefstroomkampus het die gebeurtenis gereel om te probeer geld insamel vir behoeftige studente. Daar was ‘n sterk opkoms oor die twee dae. Volgens Reuben Coetzer, KSR voorsitter, het daar ongeveer 600 mense bygewoon en het hulle daarin geslaag om R200 000 in te samel tussen die veiling en kaartjie verkope. Volgens hom sal die fondse gebruik word om studente met uitstaande studiegeld te bemagtig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.