‘n Lyk is vanoggend 13 November omstreeks 07:30 in die spruit naby Walter Sisululaan gevind.
Die pad is gedeeltelik deur owerhede geblok. Die oorlede persoon se identiteit is nog nie bekend nie. Die oorsaak van die persoon se dood is ook nog onduidelik.