REGSTELLING: Geen ernstige beserings na botsing op Albert Luthuli

Die Herald streef na akkurate en billike beriggewing, wanneer ons foute maak stel ons dit graag reg. 

Die Herald het Dinsdag berig oor ‘n ongeluk wat op die hoek van Albert Luthuli en Pieter Mokaba straat waar ‘n wit bakkie en silwer voertuig gebots  het.

Daar is aanvanklik berig dat die bestuurder van die toneel af weg gery het. Die verwoording in die berig het die indruk geskep dat die bestuurder gevlug het. Dit is nie die geval nie. Die bestuurder van die wit bakkie het eers nadat alles op die toneel afgehandel is, na die polisiestaie gegaan om ‘n verklaring te gee.

Die Herald streef na akkurate en billike beriggewing, wanneer ons foute maak stel ons dit graag reg.

 

Exit mobile version