Boom-projek skop tydens boomplantmaand af

Potchefstroom is die stad met die langste akkerlaan in die Suidelike Halfrond.

Die Potchefstroom Sakekamer, Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool het Vrydag saamgekom om ‘n boom op die hoek van Beyers Naude- en James Morokalaan te plant.

Dié inisiatief is om die dorp se wêreldbekende eikelaning te help bewaar. Skole se hoofleiers en VR-leiers het gehelp met die plant van nuwe bome en om die skenking van R21 200 wat deur die projek ingesamel is, aan die Potchefstroom Eikeboomlaning te oorhandig.

“Dit is vir die Potchefstroom Sakekamer, in samewerking met Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool, ’n groot voorreg om vanjaar R21 200 te kan skenk aan die Potchefstroom Eikeboomlaning,” het Johan van Rensburg van die Sakekamer gesê.

“Julle passie vir Potch is aansteeklik en ons is dankbaar vir julle toewyding om ons stad se erfenis te bewaar. Baie dankie aan elke besigheid en ondersteuner wat hierdie projek moontlik gemaak het. Julle bydraes maak ’n groot verskil.”

’n Griekse spreekwoord sê “‘n Samelewing word wonderlik wanneer ou mans bome plant in wie se skadu hulle nooit sal sit nie.”

Potchefstroom is die stad met die langste akkerlaan in die Suidelike Halfrond, maar agter hierdie lang ry bome wat tot en met 7km strek, is daar ‘n pragtige, inspirerende storie van ware nalatenskap en leierskap.

Lees die storie hier.

Exit mobile version