Ouma Nessa se geurige wildsvleispastei

Dit sal almal se nuwe gunsteling wees.

Hierdie geurige wildsvleispastei is ‘n ou plaasresep wat al vir generasies ‘n familie gunsteling bly.

Bestanddele

Vulsel:

Kors:

Kook wildsvleis van die been af. Braai die spek, uie en knoffel tot gaar. Roer die sampioene by die spekmengsel. Voeg die witwyn, Worcestersous, gemengde kuie, pietersielie, borrie, kerriepoeier, naeltjies, blatjang, sou ten peper by. Voeg die vleis by en laat dit deurkook. Meng die room en soppoeier saam en roer dit by die vleismengsel in. Sit ‘n deksel op en laat dit deurkook.

Meng intussen die kors as volg: Klits die eier, olie en melk saam. Voeg die meel, bakpoeier en sout by en klits tot gemeng.

Skep die vleismengsel in ‘n oondvaste bak. Giet die pasteikors oor. Bak vir 20 -25 minute by 180˚c tot goudbruin en krakerig.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version