Polisiesersant verskyn vir regsverydeling en meineed

Borgtog van R1 500 is toegestaan.

‘n Polisiesersant (39) het Woensdag 9 Oktober in die Stilfontein-landdroshof op aanklag van regsverydeling en meineed verskyn.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê na bewering het ‘n polisielid, ‘n buitelander vir oortreding van die Immigrasiewet in hegtenis geneem. Die lid het daarna ‘n verklaring van die departement van binnelandse sake wat die (onwettige) status van die buitelander bevestig aan die ondersoekbeampte, Sersant Mmokwa Ratshoke, verbonde aan Stilfontein-speurders, oorhandig.

“Na bewering het Ratshoke die dossier hof toe geneem sonder die verklaring van die departement van binnelandse sake en die saak is gevolglik teruggetrek.  Die saak is by die provinsiale teenkorrupsie-ondersoekeenheid (ACIU) aangemeld vir ondersoek en die beskuldigde is vasgetrek.”

Borgtog van R1 500 is aan Ratshoke toegestaan en die saak is tot Vrydag 1 November 2024 uitgestel.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version