Local news

Matriekafskeidrok in net vier dae gemaak

Juané het haar eie rok ontwerp.

‘n Matrikulant en haar ouma het dag en nag gewerk om haar droomrok vir haar matriekafskeid te maak.

Juané Kruger (17) en haar ouma, Ansie du Randt, het haar asemrowende matriekafskeidrok in net vier dae gemaak.

Juané Kruger, ‘n leerder by Hoër Volkskool, is in Thabazimbi gebore. Sy het in Brits en Hartbeesfontein grootgeword en sy noem die afgelope twee en ‘n half jaar Potchefstroom haar huis.

Sy is in 2023 met Chorea sindroom gediagnoseer en die diagnose is later na Dystonie verander. Sy is ook in 2024 met Hashimotosiekte gediagnoseer. Sy is tans in die hospitaal vir behandeling vir al die simptome wat met die siektes gepaard gaan.

Dystonie is ‘n bewegingsversteuring wat veroorsaak dat die spiere saamtrek. Dit kan draaibewegings of ander bewegings veroorsaak wat herhaaldelik gebeur en wat nie onder die persoon se beheer is nie. Hashimoto is ‘n outo-immuun siekte wat te doen het met hormone.

Julien Kruger, Juané se ma, sê Juané sukkel baie met haar bewegings, spraak, asemhaling asook haar sig.

“Sy het in 2023 eksamenvraestelle gemis omdat sy toe ook gehospitaliseer was, huidiglik is sy vir ‘n maand af siek geboek wat ook weer haar matriek eindeksamen beïnvloed.”

Juané sê wanneer sy ‘n n episode het, is dit selfs moeilik om ‘n glas vas te hou en voel dit soms asof sy alles van voor af moet leer.

“Juané is gemotiveerd, braaf, hardwerkend, slim, passievol en altyd deernisvol. Sy het begrip vir haar medemens, sy is ‘n kind van God en wil altyd net die goed in die lewe en mense sien. Sy is verseker ‘n rolmodel, selfs vir my en ons kan nie vir ‘n beter dogter gevra het nie,” vertel Julien oor haar dogter.

Juané het haar eie rok ontwerp en is vir vier dae na haar ouma toe waar die twee die rok gemaak het.

“Daar is sekere goed wat oumas net beter kan doen. Die twee het dag en nag gewerk. Juané het defnitief haar naaldwerktalent by haar ouma geërf. Sy het nou ook vir haar maats begin rokke maak. Haar hande staan vir niks verkeerd nie,” lag Julien.

Het jy die mooiste matriekrok vanjaar?

Die Herald het weer vanjaar ‘n kompetisie vir die mooiste matriekrok.

Enige iemand in die Herald se verspreidingsgebied kan vir die kompetisie inskryf. Daar is vanjaar groot pryse op die spel vir die wenners.

Die inskrywings sluit op 8 November. Die gemeenskap sal dan tussen 14 – 16 November vir hulle gunstelinge kan stem.

Daar sal 1ste, 2de en 3de plek wees. Jy kan die beste foto’s van jou rok na dustin@mooivaal.co.za stuur of op die volgende skakel klik om in te skryf: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/matric-dresscompetition/

Maak seker jy stuur jou naam en van, kontakbesonderhede en van watter skool jy is saam met jou inskrywing.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button