Local news

Pen Buddy: Saam kan ons ‘n verskil maak

Dit is nou die ideale tyd om van al daardie penne, potlode en uitdraaikryte wat jou kaste volmaak ontslae te raak en dié mooi projek te ondersteun.

Potchefstroom Herald het ‘n insamelingsprojek begin waar ons die gemeenskap uitdaag om saam met ons ou/gebruikte of nuwe skryfbehoeftes vir minderbevoorregte kinders insamel.

Meeste ouers koop aan die begin van elke skooljaar vir hul kinders nuwe skryfbehoeftes en word ou skryfbehoeftes weggegooi of in ‘n kas gedruk.

Daar is baie ouers wat nie skryfbehoeftes vir hul kinders kan bekostig nie. Help ons om diegene in nood te help om gerieflik hulle skoolwerk te kan doen. Ou/gebruikte skryfbehoeftes en nuwe skryfbehoeftes kan by die Potchefstroom Herald se kantoor by 9 Fickstraat afgegee word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button