Nóg ‘n ongeluk op ‘nagmerrie’ pad

Inwoners sê daar gebeur te veel ongelukke op die pad.

Inwoners van Potchefstroom is onsteld na ‘n ernstige ongeluk wat omstreeks 12:30 vandag op die Carletonville-pad plaasgevind het.

Volgens inwoners gebeur daar net te veel ongelukke op hierdie pad en het dit die ‘nagmerrie’ pad gedoop.

Die R501 Carletonville-pad is vanmiddag vir verkeer toegemaak na ‘n kop-aan-kop botsing tussen twee voertuie. ‘n Mediese helikopter het omstreeks 13:00 in die pad geland om insittendes na die hospitaal te vervoer.

“Ek ry elke dag hierdie pad in die oggende en aande en mense vat ongelooflike groot kanse. Ek en my kinders het al ‘n paar noue ontkomings gehad,” het Stefani Viljoen gesê.

Marilize van Deventer het op Facebook gesê: “Daardie pad is ń nagmerrie. Mense dink die wit lyn is daar vir speletjie en probeer verbyjaag op blinde-hoogtes. Om nie te praat van die pad-oppervlak nie. Voel of jy op ‘n sinkplaat pad ry, en sou jy ‘n ongeluk probeer vermy om van die pad af te ry is die skouer so hoog en skerp dat jy óf jou bande sny of self jou kar omgooi.”

Kyk na die video hier:

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version