Local news

Volkies so amper wenners van Diamantveld krieket-toernooi

Hulle moes groot skole soos Monument en Grey College uitstof om die finaal te haal. 

Volkies het onlangs tweede tydens die Diamantveld krieket toernooi gekom. Slegs Garsfontein kon hulle klop.

Hulle roete na die eindstryd was beslis nie ‘n maklike een nie, hulle moes groot skole soos Monument en Grey College uitstof om die finaal te behaal.

In die halfeindstryd het Volkies vir Grey College met 3 paaltjies geklop. In die eindstryd het hulle weer teen Garsfontein te staan gekom nadat hulle tydens die groepwedstryde teen die Garsie bere met 8 paaltjies verloor het.

In die eindstryd het Volkies goeie krieket gespeel maar moes op die ou einde die knieg met 41 lopies, teen Garsfontein buig.

Attie Liebenberg en Dian van der Merwe het albei hulle 100ste eerstepsan wedstryd tydens die toernooi gespeel.

Attie Liebenberg het sy 100ste eerstespan wedstryd tydens die toernooi gespeel
Dian van der Merwe het sy 100ste eerstespan wedstryd tydens die toernooi gespeel

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button