Local news

Turkse melkbrood – in ‘n pan

Dit is smullekker saam met kerrie en bredies.

Platbrode is welbekend oor die hele wêreld, in alle vorms en groottes. Amper elke kultuur het hulle eie variasie van een of ander soort platbrood. Dit is maklik om te maak omdat jy nie ‘n oond nodig het nie en is smullekker saam met kerrie.

Hier is hoe om jou eie platbrood by die huis te maak.

Bestanddele:
  • 150 ml warm melk
  • 150 ml warm water
  • 4 koppies meel
  • 1 teelepel sout
  • 2 eetlepels droë gis
  • 3 eetlepels olyfolie
  • Gekapte pietersielie
  • Brandrissievlokkies (chilli flakes)
Instruksies:
  • Meng gis, meel en sout met ‘n klitser tot goed gemeng. Voeg die warm melk en water by en meng net totdat die vloeistowwe geabsorbeer is.
  • Meng die olyfolie by en knie tot die deeg glad is (sowat 10 minute).
  • Maak ‘n bal van die deeg, bedek dit met olie, bedek die bak met kleefplastiek en sit dit eenkant op ‘n warm plek vir ‘n uur, of totdat dit in grootte verdubbel het.
  • Wanneer die deeg genoeg gerys het, verdeel dit in ses stukke en rol elkeen in ‘n bal.
  • Elke platbrood moet uitgerol word en op medium-hoë hitte in ‘n pan gebraai word.
  • Neem 5–6 minute om te braai (2.5 – 3 minute aan elke kant).
  • Elke platbrood moet in die middel rys wanneer jy dit omdraai.
  • Wanneer klaar gebraai, smeer olie op elke warm platbrood, sprinkel dan pietersielie en brandrissievlokkies bo-oor.

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button