Local news

Potch-held en rugbyster het gemeenskap se hulp nodig

Een van sy grootste drome is om eendag vir die Springbokke rugby te speel.

Hy het ‘n boef platgetrek en ‘n meisie gered wat in gevaar was. Nou het hy die gemeenskap se hulp nodig.

Wikus van Aswegen (18), die ware held van Potchefstroom, wat ook Suiddorpsecurity deur sy vriende genoem word, is gekies om Suid-Afrika by die nasionale Bokkieweek in Spanje te verteenwoordig.

Wikus het bekend geword nadat hy in Julie vanjaar ‘n verdagte vasgetrek het wat ‘n meisie gewurg en probeer beroof het.

Dit is nie die enigste ding wat Wikus so spesiaal maak nie. Hy blink al van laerskool af uit in rugby en het nou die geleentheid om vanaf 1-10 Desember vir Suid-Afrika te verteenwoordig.

Wikus is ‘n leerder by Hoër Volkskool en speel vir die eerstespan rugby. Een van sy grootste drome is om eendag vir die Springbokke rugby te speel.

Dit is vir Wikus ‘n groot eer om sy land te kan verteenwoordig. Om hierdie droom waar te maak, het Wikus R50 000 nodig. Dit sluit sy reiskostes en verblyf in.

Die gesin het egter die gemeenskap se hulp nodig om hierdie droom waar te laat word.

Indien jy ‘n donasie wil maak om Wikus te help om sy droom waar te maak, kan jy sy ma, Yolande, by 079 663 6613 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button