Local news

KYK: Brawe sekuriteitsbeampte stop potensiële roof

Te Danke aan die sekuriteitsbeampte is die slagoffer veilig en het nog al sy besittings.

‘n Brawe sekuriteitsbeampte het ‘n potensiële roof reg in die spore gestop toe hy tussen die slagoffer en die verdagte ingespring het.

Op ‘n video wat deur Mooirivier Beskerming geplaas is, kan jy sien hoe ‘n persoon in die strate van Potchefstroom loop, voordat hy stadig deur ‘n voertuig genader word. Dit blyk die persoon is heel onbewus van die gevaar waarin hy moontlik kon wees. Gelukkig het een van Cachet Park CID NPC Potchefstroom se sekuriteitsbeamptes aangehardloop gekom en homself tussen die man en die voertuig geplaas. Dit het veroorsaak dat die voertuig wegjaag.

Die voertuig met die verdagtes in het weggekom, maar die kameras het al hulle besonderhede vasgevang. Die slagoffer is huis toe met al sy besittings as gevolg van hierdie dapper beampte.

“Ons wil graag die optrede van hierdie spesifieke beampte en ons operasionele personeel in die algemeen prys en alles gee, 24 uur van elke dag, wat Potchefstroom ‘n veiliger dorp maak”, het Mooirivier Beskerming op Facebook gesê.

“Oortreders wat ‘n misdaad wil pleeg, soek dikwels ‘n geleentheid of ‘n praktiese teiken – die misdaadgeleentheidsteorie. Pick-pocking is tans ‘n groot probleem in Potchefstroom, veral binne die Cachet Park CID NPC Potchefstroom-area. Selfs met al die bewusmakingsveldtogte, vermaak mense steeds verdagtes wat hul private ruimte probeer binnedring. Moet asseblief nie toelaat dat vreemdelinge met jou speel, omhels of aan jou raak nie. Hierdie tipe voorvalle gebeur gewoonlik binne sekondes, binne groot groepe mense en die slagoffers ontdek eers later dat hul besittings weg is. Dit is dus moeilik om verdagtes te identifiseer, vas te trek en te vervolg. Die enigste oplossing is om die geleentheid te minimaliseer, want daarsonder sal hierdie tipe misdade nie seëvier nie,” het Mooirivier Berskerming gewaarsku.

Kyk na die video hier:

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button