Local news

Pragtige produkte uit plastieksakke

Dit vat baie plasieksakke om die produkte duursaam te maak.

Debbie-lee Pelser kan plastieksakke in bruikbare kunsstukke verander, al wat sy nodig het, is genoeg sakke! Wat ‘n wonderlike manier om van oortollige plastieksakke wat net die aarde besoedel, ontslae te raak.

Die 23-jarige is in Kimberley, Nood-Kaap gebore en is op net 10 dae oud aangeneem. Sy het in Postmasburg gematrikuleer en het sowat twee jaar gelede na Potchefstroom verhuis.

“Ek het al van baie kleins af ‘n groot liefde vir die natuur en als wat dit behels. So natuurlik wou ek nog altyd die omgewing help en watter beter manier om dit te doen terwyl ek vir myself ‘n inkomste genereer.”

Sy het met die idee opgekom om produkte uit plastieksakke te maak en het haar kêrel en twee vriende oorreed om haar te help.

“Omdat sakke so dun is, vat dit baie sakke om die produkte duursaam te maak. Dit is wel ‘n goeie ding omdat daar ‘n oorvloed van sakke in Potchefstroom is. Omdat ons ‘n klein groepie is, vat dit ongelukkig lank om genoeg sake bymekaar te maak,” vertel sy.

Debbie-lee sê sy fokus vir eers op Tote-sakke, blompot houers, matte en herbruikbare inkopiesakke.

Indien jy van al jou plastieksakke wat êrens in ‘n laai gedruk is, wil ontslae raak, kan jy vir Debbie-lee by 078 069 8685 kontak. Hulle sal die sakke oplaai of dit kan by haar afgelewer word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button