Brandstofpryse daal met meer as R1

Verbruikers is bekommerd oor hoe die petrolpryse in Desember gaan lyk.

Vanaf 2 Oktober 2024 kan verbruikers na ‘n verlaging van meer as R1 van brandstofpryse uitsien.

Die Suid-Afrikaanse Petroleumkleinhandelaarsvereniging (SAPRA) het aangekondig nog ‘n daling in brandstofpryse sal Woensdag in werking tree. Die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie het ‘n aansienlike verlaging in die pryse van petrol en diesel bevestig.

“Dit is die vyfde agtereenvolgende brandstofprysdaling, wat ‘n uiters positiewe ontwikkeling vir ons ekonomie is, veral in hierdie uitdagende tye wat ons die laaste kwartaal van die jaar nader. Die verligting by die pompe sal broodnodige asemhalingsruimte bied vir beide besighede en individuele verbruikers, veral na die onlangse rentekoersverlagings.,” het Henry van der Merwe, Voorsitter van SAPRA, in ‘n verklaring gesê.

Prysverlagings vir Oktober 2024:

Verbruikers het hulle verligting, maar ook kommer oor hoe Desember se petrolpryse gaan lyk, op sosiale media uitgespreek.

“Desember gaan dit weer met R20 op. Ons is nie dom nie,”het Martie van Jaarsveld op Facebook gesê.

“Desember skiet dit weer die hoogte in wanneer mense op vakansie wil gaan,” het Leandrie Oosthuizen gesê.

Edwin J. Eksteen is van die opinie dat verbruikers al vir jare met brandstofpryse ingedoen is.

“As dit nog met R5 per liter daal, dan is dit regte besigheid, want ons was al die jare ingedoen met hoë brandstof-pryse.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version