ASB Potchefstroom hou potjiekos-kompetisie

Voorgereg, hoofgereg en nagereg was voorgesit.

Die potte het die koue verlede Vrydag verdryf toe Army Support Base (ASB) Potchefstroom hulle Meals on Fire potjiekos-kompetisie op 20 September 2024 gehou het.

Sanlam, Capital Legacy, Nissan, East Vaal Motors, GWM en vele meer het spanne vir die kompetisie ingeskryf om die titel van Potjiekos Koning te wen.

Voorgereg, hoofgereg en nagereg was voorgesit.

Luitenant JP Meyers van ASB sê die dag was ‘n reuse sukses al het die weer nie so lekker saamgespeel nie.

“Die kompetisie het van 09:00 tot 15:00 by die Kopanelo hindernisbaan plaasgevind. Die spanne het alles uitgehaal en gewys.” “Die doel van die kompetisie was om die gemeenskap van Potchefstroom bymekaar te bring en nuwe verhoudings te bou. Dit was ‘n vreeslike lekker dag.”

Een van hulle eie, Luitenant-kolonel Mosimane, was onder die wenspan vir die dag.

4 Artillery het koning gekraai en met die eerste plek weggestap. In tweede plek was Reserve Force Molapo en in derde plek was East Vaal Motors.

Elke wenspan het ‘n sertifikaat en ‘n troffee ontvang.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version