Ons gaan nou braai!

Vier jy Erfenisdag of Braaidag met 'n tjoppie op die kole?

Suid-Afrikaners is een van die lande met die rykste kultuur en op 24 September 2024 kry elke Suid-Afrikaner die geleentheid om hulle kultuur en erfenis te vier. Verskeie geleenthede word regoor die land aangebied om hierdie dag te herdenk.

Suid-Afrika blom met kulturele rykdom. Nie net is daar twaalf amptelike Suid-Afrikaanse tale nie, maar daar word ook verskeie godsdienste soos die Christendom, Islam, Hindoeïsme, Afrika Tradisionele Godsdiens, Judaïsme, Boeddhisme en ander godsdienstige tradisies in Suid-Afrika beoefen.

Erfenisdag is ‘n Suid-Afrikaanse openbare vakansiedag en op hierdie dag word Suid-Afrikaners aangemoedig om hul kultuur en die diversiteit van hul oortuigings en tradisies te vier.

En wat is nou lekkerder as om ‘n tjoppie op die kole te gooi? Dit is iets wat meeste Suid-Afrikaners in gemeen het. Dit is ook hoekom Erfenisdag as Braaidag gedoop is.

Stuur jou Erfenis/Braaidag fotos na tania@mooivaal.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version