Local news

Vermeende selfoondief by die Bult vasgetrek

Daar is nog ander selfone by die verdagte gekonfiskeer.

‘n Vermeende selfoondief wat glo ‘n selfoon gegryp het en te voet weggekom het, is deur Cachet Park City Improvement District en Mooirivier Berkerming in die Bult area vasgetrek.

‘n Video van die insident is gister deur Cachet Park City Improvement District op hulle Facebook-blad geplaas.

Johan Naude, hoof uitvoerende beampte van Cachet Park City Improvement District, sê die verdagte het ‘n selfoon uit ‘n winkel in die Bult area gesteel en ‘n sekuriteitsbeampte het hom agterna gesit waarna die beampte en die polisie die verdagte in hegtenis geneem het.

JP Coetzee, die sekuriteitsbeampte, sê die verdagte is op hulle kringtelevisie kamerasisteem opgetel.

Die verdagte het na die insedent probeer weghardloop, maar ons het hom op die kameras opgetel. Ons het saam met die polisie gegaan om hom in hegtenis te neem.”

Johan sê ook die polisie het bevestig die verdagte was gesoek in verband met ander sake. Sewe ander vermoedelike gesteelde fone is ook in sy besit gevind.

Kyk hier na die video:

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button