Local news

Rot in brood: Sasko herroep nie brode

Die vrou het glo reeds meeste van die Sasko brood geeët voordat sy die rot daarin ontdek het.

Een van meeste mense se grootste vrese is om iets in jou kos op te spoor wat nie daar hoort nie.

Gerugte dat Sasko sowat 200 000 brode herroep het en produksie tydelik by hul fabrieke tot stilstand gebring het, doen die rondte op sosial media nadat ‘n vrou ‘n video op TikTok geplaas het. In die video wys dit glo waar sy die oorblyfsels van ‘n rot in haar brood kry.

Die vrou het glo reeds meeste van die brood geeët voordat sy die rot daarin ontdek het.

Sasko het egter in ‘n verklaring en in ‘n plasing op sosiale media gesê die gerugte is nie waar nie.

Nombulelo Mkumla het op 8 September ‘n video gedeel van brood wat sy op 27 Augustus gekoop het. Die video het vinnig op sosiale media versprei nadat dit aan die lig gekom het dat daar ‘n rot in die brood was.

Sasko het gesê hulle is bewus van die voorval waar ‘n verbruiker ‘n rot in haar brood gevind het.

Hulle het voorgegaan om te sê die vrou het die brood na die winkel teruggeneem waar sy dit gekoop het en haar geld is terugbetaal.

Sasko het ook glo hulle bes gedoen om die vrou na die voorval omverskoning te vra, maar kon nie met haar in kontak kom nie. Sasko kon dit wel later regkry om om verskoning vir die vrou te vra.

‘n Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel hoe die rot in die brood kon beland het.

“Die saak was volgens ons as afgehandel beskou voordat sy haar storie na sosiale media geneem het.”

Kyk na die video hier:
@thedailystar

ew that’s nasty!

♬ original sound – Daily Star ⭐️

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button