Local news

Medicross onttrek uit Potchefstroom na drie dekades

Die nuus was ‘n skok vir die gemeenskap.

Inwoners van die stad het enkele weke gelede uitgevind Medicross onttrek uit Potchefstroom. Die nuus was ‘n skok vir die gemeenskap.

Netcare Medicross onttrek na drie dekades uit Potchefstroom waarna gesondheidsorgpraktisyns sal oorneem.

Netcare Medicross en die praktiserende dokters en tandartse het op 12 September ‘n gesamentlike verklaring uitgereik wat die ontrekking en die dokters se intensies om oor te neem bekend gemaak het.

Die gesondheidpraktisyns sal vanaf 1 November oorneem en die sentrum sal nie meer onder die Netcare Medicross-handelsmerk werk nie. Die toegewyde span dokters en tandartse sal steeds voortgaan om hulle dienste aan die gemeenskap te bied.

Volgens Dr. Pieter Henning, ‘n tandheelkundige praktisyn wat al byna 30 jaar by Netcare Medicross Potchefstroom werk, is die oorgang die einde van ‘n era, maar ook die begin van ‘n nuwe hoofstuk.

“Terwyl Netcare Medicross uit Potchefstroom gaan onttrek, sal die huidige span tandartse en dokters in dieselfde gebou bly. Ons is daartoe verbind om net soos voorheen na die gemeenskap om te sien.”

“Netcare Medicross Potchefstroom word al lank reeds deur die gemeenskap vertrou en verskaf ‘n reeks gehalte primêre gesondheidsorgdienste en het ‘n reputasie verwerf as ‘n goed bestuurde fasiliteit,” sê Salome Liebenberg, hoofbestuurder van bedrywighede vir Netcare Medicross.

“Ons wil graag die mense van Potchefstroom en omliggende gebiede bedank vir hul volgehoue ondersteuning en vertroue,” sê Henning.

Vir baie inwoners is Netcare Medicross Potchefstroom meer as net ‘n mediese sentrum; dit is deel van hul lewens. Die fasiliteit was ‘n plek waar gesinne grootgeword het, waar bejaardes vertroosting gevind het en waar die jongmense hul eerste tandheelkundige ondersoeke ontvang het.

Daar was egter ‘n insident by Netcare Medicross in Januarie 2021 waarby ‘n dokter en sy kollegas se kontrak met Netcare Medicross na 23 jaar beëindig is en hulle deur die balju en ‘n werknemer van Netcare gedwing is om hulle eie gebou te verlaat.

Dit volg nadat dokters nie ‘n nuwe kontrak, wat hulle glo vir meer skuld aanspreeklik sou hou, met Netcare Medicross wou teken nie.

Theunis Liebenberg, Kroon en Vennote Ingelyf se prokureur, het in 2021 aan Netwerk24 gesê daar was landswyd sowat sewe ander soortgelyke geskille tussen Medicross en dokterspraktyke

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button