Local news

Drie dragtige koeie skok dood na brande

Al drie koeie was dragtig toe hulle doodgeskok het.

Drie dragtige koeie het Dinsdagoggend doodgeskok nadat ‘n Eskom kragpaal wat weens die onlangse brande beskadig is, omgeval het.

Francois Fourie, die boer wie se beeste doodgeskok het, sê as ‘n jong boer is dit vir hom ‘n baie groot verlies.

“Die pale is deur twee weke gelede se brand beskading, maar moes al om en by drie jaar terug vervang geword het.”

Volgens Francois wat op die plaas Kromdraai tussen Potchefstroom en Ventersdorp boer, moes die paal Dinsdagoggend omgeval het nadat dit beskadig is en die koeie wat in daardie omgewing wei, het geskok.

“Omdat ek al so lank van sonkrag gebruik maak, moes ek iemand anders wat ‘n rekeningnommer by Eskom het, vra om die pale te rapporteer. Dit is ook ‘n gesukkel vir Eskom se mense om die plaas op te spoor omdat ek nie meer ‘n lynnommer het nie.”

Eskom het uiteindelik Donderdag opgedaag om die pale te herstel.

“Ek verstaan die pale is deur die brand beskadig, maar daar is ook nie instandhouding gedoen nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button