“Munisipaliteit skuld my R5000”

Die munisipaliteit reageer nie op enige navrae nie.

Lizelle De Bruyn, ‘n inwoner van die stad, sê sy is moedeloos en weet nie meer wat om te doen nie nadat die munisipaliteit haar al vir meer as nege maande R5000 skuld.

Lizelle en haar man, Sarel De Bruyn, het hulle huis in Vanderhoffpark in Desember verkoop en die munisipalitiet moes vir hulle ‘n terugbetaling op hulle munisipale-rekening van R5800 doen. Hulle het nog geen terugbetaling ontvang nie.

“Ek en my man was al beide by die munisipalekantore om die probleem te probeer uitsorteer. Ek het al almal moontlik by die munisipaliteit gebel en eposse gestuur.”

Lizelle het ook vir die burgemeester eposse gestuur om hulp in die verband te kry.

Die Herald het navraag by die munisipaliteit gedoen, maar ten tyde van publikasie is nog geen toerugvoer ontvang nie.

Exit mobile version