Petrolpryse dalk binnekort die laagste in jare

Petrolpryse kan moontlik met meer as 'n R1 per liter in Oktober daal.

Die Sentrale Energiefonds voorspel petrolpryse kan moontlik in Oktober só daal laat dit die laagste is as wat dit in jare was.

Voorspelling bepaal dit kan daal tot die laagste wat dit sedert Januarie 2022 was.

Die brandstof pryse het op die 4de September 2024 met 92c/l vir vir 93-oktaan petrol, 92c/l vir 95-oktaan petrol gesak. Diesel het met 79c/l vir 500ppm en 103c/l vir 50ppm gedaal

Die nuutste data dui aan op ‘n daling van R1.34 per liter vir 95-oktaan petrol en R1.25 per liter vir 93-oktaan petrol. Diesel kan moontlik met R1.07 per liter vir 500ppm en R1.13 per liter vir 50ppm daal.

Amptelike brandstofpryse word eers in die eerste week van Oktober bekend gemaak.

Exit mobile version