KidsLocal newsPre-School

Kleuter krities, maar stabiel na verdrinkingsvoorval by swemskool

Verdere nuus oor die kleuter se toestand, is nie in hierdie stadium bekend nie.

‘n Vierjarige is gistermiddag per helikopter na Johannesburg gehaas na ‘n verdrinkingsvoorval by ‘n swemskool in Paryslaan.

Mooirivier Beskerming het die oproep oor die voorval net voor twaalfuur gistermiddag ontvang.

“Omstreeks 11:30 gisteroggend het ons beheerkamer ‘n foonoproep ontvang oor ‘n verdrinkingsvoorval van ‘n vierjarige. Ons Mediese noodhulppersoneel het saam met ER24 gereageer en met aankoms dadelik met resussitasie prosedures begin. Na ongeveer 25 minute is die terugkeer van spontane sirkulasie bereik en daar is besluit om die pasiënt na ‘n spesialisfasiliteit in Johannesburg te vlieg,” het die sekuriteitsmaatskappy in ‘n plasing op Facebook gesê.

Rocket Hems is gekontak en die kind is na ‘n geskikte landingsarea by Bailie Park Laerskool geskuif. Rocket Hems het die kind in ‘n stabiele maar kritieke toestand na Johannesburg geneem.”

Laerskool Baillie Park het ook op Facebook gesê hulle is bly hulle kon help en het die pasient beterskap toegewens.

Vroeër vandag het Silvia’s Ark, ‘n kleuterskool waarin die kleuter is, ‘n verklaring rakend die insident uitgereik.

“Dit is met groot hartseer en spyt dat ons die ongeluk aankondig wat tydens ‘n swemles gister by Despo’s se swemskool plaasgevind het.  Een van ons Gr RR-leerders, Sisiphosethu Chaka (Sasa) is tans in ICU in Gauteng, stabiel maar kritiek.

Kom ons vat almal hande in gebed vir haar spoedige herstel en ook vir haar familie en vriende gedurende hierdie traumatiese tyd. Al die Personeel by die Ark stuur hul diepste Liefde aan almal uit en wag haar met ope arms gesond en borrelend terug by die skool.”

Vir die rekord wil ons net al ons ouers verseker dat solank as wat u kind op die Ark se fasiliteit en in die onderwyser se sorg is, ons ons uiterste bes sal doen om u kind veilig te hou. Ongelukkig wanneer u kind ons fasiliteit verlaat, kan ons nie hulle veiligheid verseker nie. Daarom lê dit swaar op ons harte.”

Die kleuterskool het ook voortgegaan om die nommer van ‘n sielkundige voor te stel vir almal wat trauma rondom die insident ervaar.

Related Articles

Back to top button