Amazing Race hou verpleegstudente op hul tone

Kyk hieronder na videos en fotos van die dag.

NWU se verpleegstudente moes wys wat in hulle steek deur hulle kennis en vermoë by die week se geleentheid te gebruik.

Verpleegstudente van NWU het die 2de September 2024 die hele kampus vol op en af gehardloop toe hulle deelgeneem het aan die Amazing Race.

Dit is die eerste jaar wat die skool vir verpleegkunde die Amazing Race hou. Daar was 10 stasies rondom die kampus opgestel. Die studente is in spanne van ses opgedeel.

Elke stasie het tedoen gehad met ‘n ander fasset van verpleegkunde. By elke stasie moes studente take regdoen, waarna hulle dan ‘n wenk ontvang het om die volgende stasie op te spoor. By elke stasie kry die spanne ‘n nommer en die nommers word ingeruil vir letters. Die letters spel dan ‘n sekere woord en ‘n prys van R1000 was op die spel.

Die studente het ook deelgeneem aan verskeie boeresport, waarna daar ‘n personeel dans met die tema, Back to the 80s, plaasgevind het.

Teen die einde van die dag was daar ‘n prysuitdeling gehou en pryse vir eerste, tweede en derde plek is uitgegee. Daar was ook wenners van Best dressed team en Best dressed student.

Mariska Oostehuizen-van Tonder, kliniese preseptor by NWU, sê studente van jaar een tot vier het aan die resies deelgeneem. Daar was stasies vir KPR, geestesgesondheid, hoe om ‘n drip op te sit en vele meer.

Annemari Van Wyk wat vir die derdejaars klasgee, sê die resies is al vir drie jaar in die pyplyn, maar hulle het dit eers hierdie jaar begin.

“Dit is veronderstel om lekker en ontspannend te wees vir die studente. Hulle werk omstreeks 500 ure terwyl hulle voltyds studeer. Hulle studeer en moet by klinieke en hospitale werk. Hulle kry bitter min tyd om te ontspan.”

Annemarie sê verpleegstudente sal om en by 2000 ure tydens hulle vier jaar se studies werk.

Kyk hieronder na videos en fotos van die dag:

Exit mobile version