Local news

Molen Kórus hou ROK-KONSERT vir fondsinsameling

Kom ro(c)k dit uit met gawe a cappella klanke, #blusjoukoorlus en ondersteun plaaslike koormusiek saam met Molen Kórus!

Kom verwelkom die lente met ‘n heerlike koorkonsert ten bate van die plaaslike kamerkoor, Molen Kórus, se nuwe koordrag.

Molen Kórus nooi almal hartlik uit om die lente op ‘n musikale noot te begin met ‘n eksklusiewe koorkonsert op Woensdag 11 September 2024 om 19:00 in die Totiussaal op die NWU Potchefstroomkampus (Gebou F6). Hierdie plaaslike kamerkoor, bekend vir hul treffende a cappella klanke, gaan die gehoor bederf met ‘n diverse repertoire wat beloof om elkeen se musikale smaak aan te spreek.

Die konsert is ʼn fondsinsamelingsprojek om nuwe koordrag vir die koor aan te skaf. Molen Kórus bestaan reeds meer as 10 jaar en staan onder die bekwame leiding van Kobus Venter en Loretté du Toit. Die koor oefen in Molen straat en het destyds die kenmerkende Potchefstroom-akkerboom groen as hulle kleur gekies. Die koor is #TrotsPotch en hou die musikale vlag omhoog met vele prestasies agter hulle naam. Molen Kórus wil graag nuwe formele rokke laat maak en ons nuwe uitrustings sal dien as ‘n simboliese ‘nuwe baadjie’ wat ons groei en die volgende hoofstuk in ons koor se reis weerspieël, terwyl ons steeds ons liefde vir musiek met ons spesiale Potchefstroom gehoor deel.

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Quicket; R100 per persoon en R50 vir kinders onder 12 en daar sal ook kaartjies by die deure verkoop word. Besoek gerus ons sosiale media-bladsye op Facebook en Instagram @molenkorus. Kom ro(c)k dit uit met gawe a cappella klanke, #blusjoukoorlus en ondersteun plaaslike koormusiek saam met Molen Kórus!

Related Articles

Back to top button