Baillies ontwikkel vaardighede by Mini-hokkie

Die leerders het dit baie geniet.

Graad 1 tot 3 leerders van Laerskool Baillie Park het op Lentedag die geleentheid gekry om hulle vaardighede te ontwikkel en ‘n liefde vir hokkie te kweek. Die spelers het deelgeneem aan Fast 5-wedstryde tydens Lekwena se Geesfees.

Die wedstryde was vir blootstelling en dat die kinders kans kry om hulle vaardighede verder te ontwikkel.

Die onderskeie spanne se name was,

Houtkappers, Troupante, Tarentale, Visvangers, Wildemakoue, Uile en Fisante.

Exit mobile version