Antiekmark het verskeie items vir almal

Markgangers kan ook hul kreatiwiteit kom uitleef by die inwonende Pottery Cafe. 

Die gewilde jaarlikse Antiekmark in Potchefstroom word weer aangebied op Saterdag 7 September en is beslis iets wat nie misgeloop kan word nie.

Die Antiekmark vind plaas vanaf 08:00 tot 15:00 by die Van Rooyen Saal-kompleks in Piet Bosmanstraat, Potchefstroom.

Dit gaan ‘n baie lekker Antieke & Vintage ondervinding wees.

Daar sal, soos oudergewoonte, antiekware van heinde en verre te koop wees, sowel as ‘n verskeidenheid smullekker kos om honger mage te vul. Kom geniet varsgebroude koffie wat gekomplimenteer word met ‘n sny ontwerperskoek of ‘n outydse pannekoek…

Daar sal natuurlik oudhede, versamelitems, antiekware, ou kaste, matte, boeke, porselein, antieke juwele, speelgoed, silwerware en nog vele meer te koop wees. Daar gaan selfs ‘n paar antieke en klassieke motors te koop aangebied word!

Moet nie die geleentheid misloop om jou eie stukkie van die verlede te koop nie, daar sal iets van alles, vir almal wees.

Kom geniet ’n heerlike dag saam met jou familie en vriende en wandel terug in tyd!

Markgangers kan ook hul kreatiwiteit kom uitleef by die inwonende Pottery Cafe.

Gratis Toegang!

Kontak gerus vir Tania by 0799182092 vir meer inligting.

Exit mobile version