Volkies hou Kaskardag

Die kinders het die dag vreeslik geniet.

Die gees het weer hoog geloop by Hoër Volkskool Potchefstroom se jaarlikse kaskar resies. Die resies het Vrydag by die skool plaasgevind en elke klas het sy eie kaskar gehad.

“Dit was ‘n sosiale geleentheid vir die kinders en ook ‘n algemene fondsinsameling vir die skool,” het Franco Du Preez, bemarkings bestuurder van Hoër Volkskool Potchefstroom gesê.

Wenners:

Mnr en Mej Kaskar Junior – 9F (Summer)

Mnr en Mej Kaskar Senior – Word gedeel deur; 11B (Make America Great Again) en 10F (Kersfees)

Beste Kuipe en Klasorganisasie – 9D, Springbokke

Beste Kaskar – 10A (71.00 sekondes)

Junior Meeste Rondtes – 9E en 9D, 20 rondtes

Senior Meeste Rondtes – 10A, 21 rondtes

“Baie geluk aan al die wenners en dankie vir almal wat die dag moontlik maak. Sien julle weer volgende jaar!”

Exit mobile version