Gimmies het mooi harte

Gimmies sê hulle is trots op deel van die familie te wees.

Potchefstroom Gimnasium het die week ‘n plasing op Facebook gemaak wat harte geroer het en mense stomgeslaan het.

Die skool het ‘n foto geplaas van ‘n leerder wat ‘n gebedskas van hulle locker by die skool gemaak het.

Die skool het by die plasing gesê: “In ‘n wêreld wat dikwels deurmekaar voel, is dit oomblikke soos hiérdie wat belangrik is. Gimmies, julle gee werklik om vir mekaar! Wat ’n voorreg om deel van dié familie te wees.”

Dit is ‘n bewys van die pragtige harte wat leerders van die skool het.

Mignoné Jacobs, het op Facebook gesê die plasing het haar sprakeloos gelaat.

“Mag hierdie ‘n voorbeeld wees vir ander skole. Maak dit asseblief ‘n challenge en daag ander skole ook uit om dit te doen. Daar is soveel krag in gebed.”

Elize Vos het gesê: “Hierdie is ‘n ware Gimmie-hart!”

Die gebedskas.
Exit mobile version