Eienaar van bekende kettingwinkel ry polisielid om

Die polisielid is deur die verdagte omgery.

Die eienaar (68) van ‘n bekende kettingwinkel in Potchefstroom is vandag omstreeks 12:00 op aanklag van aanranding en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem nadat hy ‘n lid van die polisie omgery het.

Kolonel Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die insident het by ‘n vulstasie op die N12 plaasgevind.

“Die verdagte het ‘n onderonsie met ‘n lid van die gemeenskap gehad en per toeval was die polisie ook by die vulstasie. Die polisie het die man probeer kalmeer waarby hy so kwaad geword het, dat hy een van die polisielede met sy voertuig omgery het,” het Myburgh gesê.

Die verdagte sal môre in die landdroshof verskyn.

Exit mobile version