Boer in kop geskiet, oorleef wonderbaarlik

'n Verdagte is vrygelaat nadat daar nie voldoende bewyse teen hom was nie.

‘n 50-jarige boer van die Noordwes is Dinsdagoggend 20 Augustus in sy kop geskiet, maar het die aanval oorleef.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê Kobus Basson (50) is omstreeks 03:00 op sy plaas naby Zeerust deur vermeende kabeldiewe in die kop geskiet.

“Volgens bronne het plaaswerkers die boer van kabeldiewe by sy hoenderhokke ingelig, waarna hy buitentoe is om ondersoek in te stel. Hy is toe geskiet,” het Mokgwabone verduidelik.

Basson sterk tans in die hospitaal in ‘n algemene saal aan.

Volgens ‘n plasing op Facebook is hy baie positief en maak hy goeie vordering.

Mokgwabone sê ‘n man is ondervra, maar is weens onvoldoende bewyse vrygelaat.

Exit mobile version