Lihann Kemp verdedig sy Landloop titel en werf weer 1ste plek

Almal is trots op Lihann.

Lihann Kemp (11), ‘n leerder van Laerskool Baillie Bark, het vandag sy Landloop title verdedig en weer 1ste plek in sy ouderdomsgroep by die Athletics Central North West se Landloop kampioenskap met 10 minute en 52 sekondes gewerf.

Lihann het aan die o/11 seuns se 3km resies deelgeneem.

Gebore in Wolmaransstad, het hy en sy ma, toe Lihann een jaar oud was, teruggetrek na Potchefstroom toe.

Hy neem al vir drie jaar, van Gr.2 af aan landloop deel en het in 2022 10de in die land met landloop geplaas. Die jaar daarna in 2023 het hy die hy eerste in sy ouerdomsgroep geplaas.

Lihann speel ook rugby en sy ma, Stefani Viljoen, sê hulle probeer ‘n goeie balans tussen landloop, rugby, skool en famile hou.

“Hy was baie bekommerd vanoggend omdat hy al vir ‘n hele ruk siek was en nie so voluit kon oefen soos wat hy altyd doen nie. Ons het regtig gesukkel met sy gesondheid die laaste ruk. Alhoewel hy nogal bekommerd raak voor ‘n kompetisie, sê hy altyd vir my, sodra die geweer se skoot klap, is dit alles verby. “

Sy vertel ook sy is Lihann se grootste ondersteuner, maar dat hulle regtig geseën is.

“Ons is so geseën met Lihann se afrigter, André Olivier en sy vrou, Bekkie. Hulle is onderwysers by Laerskool Baillie Park en niks is ooit te veel  moeite vir hulle nie.”

Stefani sê ook hulle is verskriklik dankbaar vir die ondersteuning wat hulle laasjaar van die gemeenskap af gekry het, wat dit moontlik gemaak het dat die hele gesin saam met Lihann PE toe kon gaan.

Sy gaan voort om te sê familie is vir Lihann baie belangrik en dat wanneer hy nood raaksien, hy altyd probeer om iets daaraan te doen.

“Hy het een keer vir twee maande sy sakgeld gespaar en laat ek sop maak, wat ons toe saam met broodjies vir die minderbevoorregtes uitgedeel het.”

Lihann tydens die resies.
Lihann kry sy goue medalje.
Eerste plek: Lihann Kemp. Tweede plek: Reotshepile Shopo. Derde plek: Medupe Baas.

 

Exit mobile version