KYK: Tiener per helikopter hospitaal toe na ongeluk

Die seun is vanoggend deur Netcare 911 per helikopter van Medi-Clinic na Milpark oor geplaas. 

‘n Seun wat na bewering 17 jaar oud is, is vanoggend per helikopter na Milpark hospitaal oorgeplaas na ‘n ernstige botsing in Govan Mbeki-rylaan.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die ongeluk omstreeks 02:20 in Govan Mbeki-rylaan plaas gevind.

“Die voertuig is teen ‘n lamppaal vas waarna dit gerol het. Twee insittendes is na Potch Hospitaal geneem, ‘n ander pasiënt is na Medi-Clinic afgevoer,” het Haefele gesê.

Die seun is vanoggend deur Netcare 911 per helikopter van Medi-Clinic na Milpark oor geplaas.

 

 

Exit mobile version