Regte vegtertjie van ‘n baba het hulp nodig

Baba Xaviër het jou hulp nodig.

Baba Xaviër het op 19 Augustus 2024 sy opwagting te vroeg gemaak, aangesien sy mamma, Ab Labuschagne, net 34 weke swanger was toe sy met hom in kraam ingegaan het.

Na ‘n lang kraam, moes Ab ‘n noodkeisier kry en is klein Xaviër om 08:59 gebore.

Ashley Agrella, pappa Marius Labuschagne se suster, sê baba Xaviër is onmiddelik na die NICU (neonatale intensiewe sorgeenheid) geneem waar hy op suurstof geplaas is en buisvoeding gekry het.

“Xaviër is nie op ‘n mediese fonds nie. Die hospitaal het vir ons ‘n kwotasie van R196 500 vir sewe dae in die NICU gegee. Geld wat die ouers nie het om te betaal nie.”

Ashley het vir die ouers ‘n BackaBuddy-profiel oopgemaak in die hoop om hulle te help om die mediese onkostes te dek.

Geluk was aan die gesin se kant want baba Xaviër is die 20ste Augustus na Potchefstroom se staatshospitaal oorgeplaas.

“Dit gaan nou baie beter met Xaviër. Sy kleur het verander, hy is van suurstof af en hy kry nie meer buisvoeding nie. Die staatshospitaal doen briljante werk as dit by Xaviër kom,” vertel Ashley.

Die ouers is egter met ‘n skokkende rekening van R65 000 vir die dag en ‘n half wat baba in die NICU in Mediclinic was, gelos.

“Hulle het nie daardie bedrag om te betaal nie. Hulle bly in Carletonville, wat 50km van Potchefstroom af is. Op die stadium slaap hulle in hulle motor net sodat hulle by hulle baba kan wees.”

Indien jy enige bydra vir baba Xaviër se mediesekostes wil maak, kan jy dit hier doen. Vir enige verdere vrae kan jy vir Ashley by 065 678 3966 skakel of WhatsApp.

Baba Xaviër net na geboorte.
Baba Xaviër nou.
Exit mobile version