Protes blok ingange na Potchefstroom

Die polisie monitor die situasie.

‘n Protes teen hoë tariewe en dienste het Sondag laatmiddag in sekere dele van Potchefstroom begin. Vanoggend gaan die protes voort en verskeie ingange na Potchefstroom word geblok. Geen taxis is beskikbaar vir vervoer nie weens die staking waarby die Taxi verenigings betrokke is.

SANCO saam met verskeie leiers van Potchefstroom het in ‘n verklaring gesê die protes is om hoë tariewe en dienste teen te staan.

“Die elektrisiteitstarief het met 13% opgegaan en water, riool en vullusverwydering het met 6% opgegaan. Bo-op dit is ‘n R50 basiese heffing by voorafbetaalde elektriese bokse gesit en R110 vir die wat munisipale krag gebruik,” het die verklaring gelui.

Wees versigtig indien jy vandag in die stad rondbeweeg. Polisie is op die toneel.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version