Local news

Aansoek dat Pitbull-saak van die rol geskrap word, word oorweeg

Die saak is vanoggend weer tot 22 Oktober uitgestel vir die egpaar se regspan om die voorlegging te doen en vir die DOV om 'n beslissing rondom ontslag te maak. 

Die regverteenwoordigers van ‘n egpaar wat daarvan beskuldig word dat hulle nalatig was, nadat hulle drie Pitbull honde die egpaar se huishulp verskeur het, het ‘n aansoek gebring dat die saak van die rol geskraap word.

Marno en Chandré Mostert se resgpan wou vroeër al ‘n voorlegging aan die direkteur van openbare vervolgings (DOV) doen om die saak teen hulle kliënte terug te trek omdat hulle meen dat die staat geen redelike kans op skuldbevinding het nie. Die Mosterts se prokureurs het egter nog vir die finale klagstaat van die staat af gewag om dié voorlegging te doen.

Die saak is vanoggend weer tot 22 Oktober uitgestel vir die egpaar se regspan om die voorlegging te doen en vir die DOV om ‘n beslissing rondom ontslag te maak.

Chandre en Marno Mostert, gesels met hul regsverteenwoordiger, Malan Schutte, buite die hof.

Die Mostert’s se huishulp, Dipuo Kokolosi wat op die dag van die voorval (25 Januarie 2022) vir hul gewerk het, is op hul perseel in Kockstraat aangeval. Die honde het haar neus, lip, en oorskulpe afgeruk en haar ook aan ander dele van haar liggaam gebyt.

Een van die staatsgetuies, Ziggy Abdullah, ‘n buurman, het op daardie dag tot Kokolosi se redding gekom en uit selfverdediging die honde doodgeskiet nadat hy ‘n waarskuwingskoot afgevuur het. Kokolosi het sedert die voorval talle rekonstruktiewe operasies ondergaan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button