Drie tydens N12 protesaksie in hegtenis geneem

Verkeer in albei bane vloei soos normaal.

Polisie het vanoggend net voor 06:00 na die toneel van ‘n protesaksie op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp by die Ikageng ingang gehaas.

Volgens Kolonel Adele Myburg, polisiewoordvoerder, is drie verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld.

Verkeer was in hierdie tyd gestop en die verkeersdepartement was uitgeroep. Openbare orde polisiëring is ook na die toneel ontbied.

Volgens Myburg, is die situasie om 07:00 onder beheer gebring en die vloei van verkeer het omstreeks 08:00 na normal toe teruggekeer.

“Dit situasie is ‘n gespanne een, maar die openbare orde polisiëring hou dit tans dop.”

Die rede vir die protes is onbekend.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version