Local news

Anker druk Wessies in die rooi

Die Anker het die Bruin Bere in die rooi gedruk maar moes op die einde met 29 -26 verlies tevrede wees. Dit nadat die troepe van Brakpan met 19 -5 halftyd agter was.

“Dit kan nie altyd maklik wees nie,” was die woorde van Willem van der Sandt, hoofafrigter van Wesvalia, na hulle naalskraap oorwinning teen Die Anker Donderdagaand.

Die Anker het die Bruin Bere in die rooi gedruk maar moes op die einde met 29 -26 verlies tevrede wees. Dit nadat die troepe van Brakpan met 19 -5 halftyd agter was. Die Klerksdorpers het nou in twee wedstryde in ‘n ry dit tot die laaste oomblikke van die wedstryd gelos om die oorwinning deur te trek.

Wesvalia was met rustyd 26 – 5 voor gewees, deur baie goeie verdediging en druk op Die Anker te plaas het dit gelyk of die Klerksdorpers baljaar.

“Ek dink Die Anker was klinies deur op ons foute te kapitaliseer. As ons bietjie beter afgerond het, was ons waarskynlik nie in die situasie gewees nie. Daar is baie positiewes uit die wedstryd, ons het in die regte areas gespeel, en die bal mooi na die punte toe versprei . Ons het gevaarlik gelyk op die aanval, en ons verdediging het my baie beindruk,” het Van der Sandt verduidelik.

Die Anker se sterte het begin opgaan nadat ‘n Wesvalia speler ‘n geelkaart ontvang het. Met 14 man op die veld het die manne van Brakpan die oorhand begin kry. Hulle het aanhou werk en vir elke punt baklei. Wesvalia gaan komende naweek weer teen Secunda in die halfeindstryd van die Noordvaal skild reeks, kragte meet, hulle het teen die manne van Mpumalanga met ‘n enkele punt gewen.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button