Local news

Moontlike onversekerde raadseiendom wek ernstige kommer

DA raadslede is reg om sake in hulle eie hande te neem.

Historiese geboue en ander vaste eiendom in Potchefstroom is moontlik onverseker en wek groot kommer by kenners. Die belang vat hierdie tipe versekering is daar om te help om die erfenis en kultuur van die stad te beskerm.

Chris Landsberg, raadsheer van die DA, sê dit is kommerwekkend om te hoor dat geboue van historiese waarde moontlik onversekerd is.

“Wet 53 van 1998 vereis dat alle bates in ‘n munisipaliteit verseker moet wees. Dit sluit geboue van historiese waarde in. Verskeie pogings is aangewend om inligting te bekom oor die versekering van die geboue, insluitend mondelinge, e-pos en WhatsApp versoeke, en les bes openbare debat tydens die Raadsvergadering van 30 Julie 2024.”

Die Munisipale Bestuurder het egter nie gereageer op die navrae van Chris Landsberg en Madra de Bruin nie.

“Ons dreigement dat die Demokratiese Alliansie (DA) sover sal gaan om die hof te nader, om ‘n antwoord uit die Munisipale Bestuurder te dwing, het ook geen reaksie tot gevolg gehad nie. Selfs die Agbare Burgermeester het strak voor hom gekyk.”

Madra de Bruin, DA-raadslid, sê dit is die reg van die belastingbetalers van Potchefstroom om te weet of waardevolle skatte en gepaardgaande onvervangbare artefakte genoegsaam verseker is.

“Onversekerde Historiese Geboue is hoogs kwesbaar as gevolg van ‘n gebrek aan onderhoud aan infrastruktuur en waardebepalings wat tot die verlies van tragiese kulturele erfenis kan lei. Die munisipaliteit loop die risiko om groot finansiële verliese te ly indien enige van hierdie geboue beskadig word of vernietig word. Die skade aan die Parlimentêre gebou is ‘n sprekende voorbeeld, asook die grasdak by die Presidents Museum wat reeds in puin lê.”

Landsberg gaan Voort om te sê die situasie vereis dringend aandag om die beskerming en instandhouding van Potchefstroom se ryk kulturele en historiese erfenis te beskerm

Navraag is by die munisipaliteit gedoen en ten tyde van die publikasie, is geen terugvoering ontvang nie.

Related Articles

Back to top button