Vermiste Klerksdorp meisie veilig by die huis

Die rede hoekom sy weggeloop het, is onbekend.

Jade Worman (16), wat sedert 26 Julie 2024 vermis was nadat sy by die kinderhuis in Klerksdorp weggeloop het, is veilig by haar ouers in Orkney.

Die omstandighede oor waar sy was en hoe sy teruggekeer het, is nie bekend gemaak nie. Haar ma, Joy Steyn, sowel as Missing Children South Africa het bevestig sy is veilig by haar ouerhuis in Orkney.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version