CrimeLocal news

Hoekom moet ek misdaad aanmeld?

Deur misdaad aan te meld, kan jy jouself en jou gemeenskap veilig hou.

Deesdae word groot misdaad soos kapings, huisbrake, rooftogte en moord as die norm in Suid-Afrika beskou en kan kleiner misdaad soos ‘n gesteelde selfoon of ‘n kar se ruit wat uitgeslaan is, onbelangrik voel. Dit is egter baie belangrik om enige misdaad, maak nie saak hoe klein, by die polisie aan te meld.

Potchefstroom First Responders, sowel as verskeie sekuriteitsmaatskappye, het ‘n beroep op inwoners van Potchefstroom gedoen om misdaad by die polise aan te meld.

“In die lig van stygende misdaadsyfers, oorskry die besluit om voorvalle en sake by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aan te meld, blote prosedure, dit word ‘n deurslaggewende aksie wat die doeltreffendheid van ons wetstoepassingstelsel versterk.”

“Alhoewel ons besef dat die die proses om misdade aan te meld uitdagend kan wees, weerklink die gevolge daarvan om dit nie te doen nie regdeur ons gemeenskap se veiligheid en sekuriteit,” het Potchefstroom First Responders in ‘n verklaring gesê.

Volgens die 2019/2020 Suid-Afrikaanse misdaadstatistieke is diefstal van persoonlike eiendom die mees algemene misdaad wat individue ervaar, met ‘n geraamde 1,1 miljoen voorvalle wat in ‘n jaarlikse tydperk plaasvind.

Hoekom is dit belangrik om misdaad aan te meld?

  • Dinge kan eskaleer, namate misdadigers meer onbeskaamd en selfversekerd raak in hul vermoëns.
  • Jou verslag kan ‘n kritieke skakel tussen ander soortgelyke sake wees.
  • Deur ‘n misdaad aan te meld, verhoog jy jou persoonlike veiligheid.
  • Dit verhoog die veiligheid van jou gemeenskap en beskerm dit teen toekomstige misdaad van dieselfde oortreder.
  • Dit help om misdaadtendense vas te stel.
  • Dit help weer met hulpbrontoewysing. m.a.w. meer voete op die grond of voertuie kan voorsien word vir ‘n gegewe gebied as die voorvalle daarvan hoër is as ander.
  • Dit help wetstoepassers om motiewe te verstaan ​​en die modus operandi van misdadigers te bepaal.
  • Dit maak dit moontlik om ‘n versekeringseis in te dien vir beskadigde of gesteelde eiendom.
  • Dit help wetstoepassingspanne en private sekuriteitsmaatskappye om proaktief te wees.

SAPS – 10111
SAPS Stad – 018 299 7476
SAPS Ikageng – 018 295 1731

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button