Verdagte tydens inbraak geskiet

Die een verdagte is geskiet en die tweede verdagte het gevlug.

‘n Verdagte is vanaand tydens ‘n vermeende inbraak geskiet en ‘n tweede verdagte het van die tonneel gevlug.

Luitenant kolonel Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes het vroeër by die Wandellaan in Walter Sisululaan probeer inbreek toe die alarm afgegaan het.

“Die sekuriteit van die alarmmaatskappy het opgedaag en tydens die insident is een verdagte geskiet en ‘n tweede een het daarin geslaag om weg te kom.”

Die verdagte wat geskiet is, is in die hospital opgeneem, sowel as om in hegtenis geneem te word.

“Gelukkig kon die verdagtes nie daarin slaag om in te breek nie”, sê Funani.

Die verdagte sal Dinsdag in die hof op aanklag van roof, besit van ‘n onwettige vuurwapen en poging tot moord verskyn.

 

Exit mobile version