‘n Boor, saag en skuurpapier verander hout in prag-speelgoed

Unieke, handgemaakte speelgoed wat kinders vir ure besig hou.

Met net ‘n boor, ‘n saag en skuurpapier, verander Pieter en Corlia Erasmus hout in die pragtigste speelgoed vir kinders.

Gebore en grootgeword in Rustenburg, het die twee in 2007 begin om houtspeelgoed as stokperdjie te maak.

Pieter vertel hulle dogters het gevra vir Barbie-pophuise.

“Ons het na Toys R Us en Reggies toe gegaan om vir hulle pophuise te gaan soek, maar toe ons sien wat dit kos en hoe groot, of sal ek sê hoe klein dit is, het ons besluit om dit self te probeer maak.”

Hulle het hulle eie pophuis ontwerp en self gemaak.

“Ons eerste pophuis het nie ligte of trappe gehad nie, maar was Barbie-grote,” sê Pieter.

So het die gogga gebyt en het die stokperdjie na ‘n voltydse inkomste verander.

“My vrou is ‘n diabeet en ek het ‘n longkwaal. Ons wil eintlik nog graag werk, maar het besluit om as gevolg van ons gesondheid dit permanent te doen. Ons doen dit nou al vir agt jaar permanent.”

“Ons pophuise staan 1.2m hoog, 1m breed en 40cm wyd. Ons maak ook speelgoed vir seuns. Alles word gemaak met die hand, ‘n boor,saag en skuurpapier.”

Exit mobile version