Baillies bring Winterkersfees Potch toe

Die fondse is ten bate van die Abraham Kriel-kinderhuis in Potchefstroom ingesamel.

Kersfees in Julie? Dis presies wat Coenie de Villiers en André Schwartz na Potchefstroom gebring het met hul produksie, Winterkersfees. Hierdie geliefde kunstenaars het gehore vir twee aande (16 en 17 Julie) in Laerskool Baillie Park se skoolsaal bekoor met die mooiste kersliedere en van hulle eie bekende liedjies. Mev Elsie de Ridder het aan die stuur van sake gestaan. Die twee sangers het saam met Baillies se senior en junior kore, die Noordweskinderkoor en Hoërskool Gimnasium se koor opgetree. Die optredes is elke aand met ‘n massakooroptrede afgesluit waar al die kore van die aand saam met Coenie en André Karoonag en Stille Nag gesing het. Die fondse is ten bate van die Abraham Kriel-kinderhuis
in Potchefstroom ingesamel. Die skool se doodgewone skoolterrein is vir die twee aande in ‘n mini-liggiefees omtower.  Die skool beoog om met van die fondse vir die kinderhuis splinternuwe lakens aan te koop. “Baie dankie aan elke persoon wat tot die sukses van die optredes bygedra het,” het die
skool gesê.

Exit mobile version