Is die nywerheidsgebied in Potch nog gesond?

Op die oog af is die sakegemeenskap baie skepties oor die toekoms van die huidige stand van sake in dié gebied, maar, is alles slegs negatief?

Dit is die vraag op almal se lippe met verskillende opinies wat verdeeld is. Op die oog af is die sakegemeenskap baie skepties oor die toekoms van die huidige stand van sake in dié gebied, maar, is alles slegs negatief? AJ Du Plessis, hoofuitvoerende beampte van Brocor, reken dat tenspyte van swak infrastruktuur en ‘n ekonomie wat onder druk is, is daar steeds positiewe beweging. Bekende maatskappye soos Quattro Fuels, Ruco Engineering
en CSA skiet hulle wortels dieper in die bestaande nywerheidsgebied. Du Plessis sê verder dat dit verblydend en baie positief is dat nasionale handelsname soos Timbercity, Buco, Herotel en Reinke hulself nuut in hierdie gebied kom vestig. Dit blyk dat tenspyte van nuwe geleenthede elders, daar altyd ‘n mark sal wees in die bestaande gebied alhoewel die prys tans onder druk is. Die Blue Marlin gebou het onlangs vir R5 miljoen verkoop tydens ‘n veiling wat deur Brocor hanteer is.

Exit mobile version