Geen beserings na brand in nywerheidsgebied

'n Klein grassie wat aan die brand geslaan het, het gelei tot 'n groter brand in Potchefstroom Industria se Ross- en Forsmanstraat area.

‘n Groot brand in die Ross- en Forsmanstraat area van Potchefstroom se nywerheidsgebied he vanmiddag uitgebreek

Die brand het vinnig versprei na die erf agter en in na n stoorkamer waar plastiek geberg was. Die plastiekprodukte het vinnig vlam gevat en groot rookwolke het oor die gebied gehang.

Die plaaslike brandweer was vinnig op die toneel en het die brand onder beheer gekry. Daar is geen beserings aangemeld nie en die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Die brandweer se vinnige reaksie het verseker dat verdere skade voorkom is en dat die situasie vinnig genormaliseer is. Verdere ondersoeke sal gedoen word om die presiese oorsaak van die brand te bepaal.

Exit mobile version