Local news

Jonker Sailplanes wen Innovasie-toekenning

Jonker Sailplanes het die jaar se Innovasie-toekenning by die spog geleentheid gewen.

Jonker Sailplanes het op 11 Julie die Innovasie-toekenning vir klein, medium en mikro-sakeondernemings gewen.

By hierdie spog geleentheid wat beide in Johannesburg en Kaapstad uitgesaai is, het Prof. Attie Jonker en Dr. Johan Bosman die toekening namens Jonker Sailplanes ontvang.

Jonker, wat medestigter, aandeelhouer en direkteur by Jonker Sailplanes is, sê hy het in 1985 besluit dat dit is wat hy wil doen en hy het elke aand sedert standard sewe navorsing daaroor gedoen.
Alhoewel Jonker Sailpanes in 2000 gestig is, het hulle eers in 2006 hulle eerste vliegtuig gevlieg. Van daar af het hulle net tot nuwe hoogtes gegaan en het elk van hulle sweeftuie in die wêreldkampioenskap deelgeneem.

“By die laaste wêreldkampioenskap, was 60% van die sweeftuie deur ons verskaf. Ons kliëntebasis bestaan uit vlieëniers. Ons bou net kompetisie vliegtuie. Daar gaan ook drie van ons ouens van Potchefstroom die land in Augustus by die wêreldkampioenskap verteenwoordig,” sê Jonker.

Jonker sê alles is te danke aan ‘n spanpoging. “Dit is altyd lekker as mens herkenning kry vir jou harde werk, maar hierdie is defnitief ‘n spanpoging van tegnikuste, ingenieurs en navorsers wat oor baie jare aankom.”

Related Articles

Back to top button