Local news

Mans vas wat glo leeus in Potchefstroom verkoop

Nico Scholtz (32) en Huu Tao Nguyen (53) sal eersdaags weer in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

Die Valke het op twee verdagtes toegeslaan wat glo ses leeus probeer verkoop het.

Twee mans is Vrydag, 5 Julie in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om ses leeus op ‘n plaas buite Potchefstroom te verkoop.

Nico Scholtz (32) en Huu Tao Nguyen (53) het vroeër vandeesweek in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklag van oortreding van die Wet op Biodiversiteit Nr. 10 van 2004, sameswering om ‘n misdryf te pleeg en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Luitenant-kolonel Tinyiko Mathebula, woordvoerder van die Valke, sê die Valke se ernstige georganiseerde misdaad-taakspan het ‘n leidraad ontvang van ‘n man wat onwettig leeus verkoop. “Ons het die leidraad op 3 Julie ontvang en die verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem.”

Die verdagte het glo aangebied om ses leeus aan ‘n potensiële koper te verkoop. Daarna het hulle ‘n man ontmoet wat hulle na ‘n plaas geneem het waar die leeus aangehou is. ‘n Transaksie vir die leeus is gemaak en met die terugkeer na Potchefstroom, het die Valke toegeslaan en die verdagtes in hegtenis geneem.

Tydens die ondersoek is ‘n geweer, 50 rondtes ammunisie, ‘n Toyota Fortuner en ‘n sleepwa in beslag geneem.

Die saak is tot 16 Julie vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding.

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button