Local news

Man sedert 2022 in Potchefstroom vermis

Hy was altyd nederig en het almal respekteer.

‘n Uitstappie om werk te soek, het uitgedraai in ‘n familie se nagmerrie toe Christiaan Nienaber (33) in 2022 in Potchefstroom vermis geraak het. Hy is tot op datum nog nie gevind nie en geen leidrade oor waar hy hom bevind, is ontvang nie.

Christiaan is in Piet Retief gebore en het daar grootgeword. Hy het ten tyde van sy verdwyning saam met sy meisie in Pretoria gewoon.

Anette Alberts, Christiaan se ma, sê sy het nog een dag met hom oor die foon gesels en die volgende dag toe is sy foon af.

“Hy het my in November 2022 gebel en gesê hy gaan my kom haal sodat ek by hom bly. My man is in April 2022 oorlede.”

Christiaan het saam met ‘n vriend se werker ingery Potchefstroom toe om werk te gaan soek. Hy kon nie weer dieselfde dag ‘n geleentheid terug huis toe kry nie en moes die nag in Potchefstroom spandeer.

“Ek het hom die volgende dag probeer bel, maar sy foonnommer het nie meer bestaan nie. Ek het sy meisie sowel as ‘n vriend gebel en niemand het geweet waar hy is nie. Hy was vir die laaste keer in Potchefstroom gesien.”

Anette vertel haar seun het die mooiste persoonlikheid gehad.  “Ek glo my seun lewe. Ek glo hy is iewers. Ek wil hom net by die huis hê.”

Christiaan het met sy verdwyning ‘n swart t-hemp, blou denim en swart veiligheidsstewels aangehad. Indien jy of enigeiemand weet waar Christiaan homself bevind, skakel die Piet Retief SAPS by 017 824 2628.

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button